S U I D - A F R I K A
Provinsie van die Kaap die Goeie Hoop - Oranje-Vrystaat - Natal - Transvaal
Die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek. Die naam "Suid-Afrika" is afgelei van dié land se geografiese ligging aan die suidelike punt van Afrika. Die geskrewe geskiedenis van Suid-Afrika begin op 6 April 1652 toe 'n verversingstasie by die Kaap die Goeie Hoop deur Jan van Riebeeck namens die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie gevestig is. Wat hulle hier gevind het was geen universiteite, geen biblioteke, geen tegnologie en geen kultuur. Hulle het 'n mensdom hier ontmoet genaamd die Koi San. Dié antieke mensdom het op daardie stadium nog nie eers die wiel ontdek nie. In die Kaap was geen sien van enige ander beskawings behalwe die Koi San. Vir die grootste deel van die 17de en 18de eeue was die vestiging, wat stadig aan die uitbrei was, 'n Nederlandse besitting.
Die term "wildernis" verwys na 'n toestand wat minimaal – of glad nie – deur menslike aktiwiteit beïnvloed is. In hierdie opsig sluit die beskrywing van wildernis aan by 'n algemeen gebruikte definisie van natuur: alles wat homself organiseer en in stand hou. Wildernisgebiede is dus van 'n 'ongerepte' of 'ongesteurde' aard.
P A U L K R U G E R
In 1852 het 'n deel van Transvaal — 'n onafhanklike staat wat deur Nederlandssprekende wit Boere gestig is — 'n beskermde natuurreservaat geword. Die gebied was ongeskik vir die Boere vanweë die risiko van malaria. Immigrante het hulle eers ná 1869 daar gevestig, toe goud naby Lydenburg ontdek is. Onder hulle was ivoorjagters wat buitensporige getalle diere uitgemoor het. In 1884 het president Paul Kruger vir die eerste keer gepleit vir natuurbewaring in Oos-Transvaal, aanvanklik met min sukses. In 1895 het die Volksraad ingestem tot 'n jagverbod tussen die Sabie- en Krokodilrivier, wat daartoe gelei het dat president Kruger in 1898 die Sabie-wildreservaat geproklameer het.
Stephanus Johannes Paulus Kruger, ook bekend as Oom Paul, was die vyfde president van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die mees prominente Boer tydens en tussen die Anglo-Boereoorloë. Hy was van Pruisiese afkoms, met Nederlandse en Hugenote-wortels. Sy stamvader in Suid-Afrika was Jacobus Krüger van Berlyn, wat in 1713 namens die VOC na die Kaapkolonie geëmigreer het.
Kruger het 'n imposante gestalte, donker oë en 'n diep basstem gehad, en was gewoonlik in 'n donker pak en met 'n silinderhoed geklee. Hy was 'n onwrikbare tradisionalis wat niks vir die moderne lewe gevoel het nie en verkies het om in die Afrika-wildernis te wees. Selfs in agtenswaardig geselskap het hy slordig voorgekom en min aandag aan sy voorkoms gegee. Kruger was diep godsdienstig en 'n getroue lid van die Gereformeerde Kerk in Transvaal. Kruger was 'n kettingroker wat nooit ver van sy pyp af was nie. Hy was ook baie lief vir koffie: bo en behalwe sy jaarlikse salaris het hy 'n ekstra "koffietoelae" ontvang. Kruger se bynaam onder die inheemse Afrikane was Mamelodi’a Tshwane – wat "Moeder van die Melodieë van die Apiesrivier" beteken – 'n verwysing na sy vermoë om voëlsange na te fluit.
D I E G R O O T V Y F
Die Groot Vyf van Suid-Afrika is die leeu, luiperd, renoster, olifant en kaapse buffel. Hierdie ikoniese diere is oorspronklik deur jagters gekiet as die moeilikste en gevaarlikste diere om te voet te jag. Vandag is hulle die hoofattraksie vir safaritoeriste. Hulle dwing respek af deur grootsheid, grasie en geringe getalle; pryk op Suid-Afrika se geldnote; én is op duisende toeriste wêreldwyd se lysie van wilde diere om van nader te bekyk en te leer ken.
Terwyl die meeste wilde diere probeer vlug wanneer hulle met gevaar gekonfronteer word of nadat hulle geskiet is, staan hierdie vyf daarvoor bekend dat hulle onmiddellik omdraai en doelbewus op die jagter afstorm. Veral wanneer hulle gewond of in die nou gedryf is, word hulle uiters aggressief en onvoorspelbaar, wat die jag lewensgevaarlik maak.
O L I F A N T E
Olifante is die grootste soogdiere op aarde. ’n Baie interessante deel van ’n olifant is sy slurp. Hy kan daarmee vrugte optel óf afpluk, en ook blare afpluk. Hulle drink ook water met hulle slurpe en suig water daarmee op waarmee hulle hulself natspuit om af te koel. Afrika-olifante is baie goed by hulle omgewing aangepas. Hulle vel is byvoorbeeld meer as 2 cm dik om hulle teen skerp dorings te beskerm. Hulle groot ore help hulle om hitte te versprei en om hul liggaamstemperatuur te reguleer. Olifante kan tot 3 meter hoog word en tot 7 ton weeg. ’n Olifant lyk wel lomp en groot, maar moenie dink dat hulle teen ‘n slakkepas beweeg nie. Wanneer daar gevaar dreig of wanneer die diere skrik, kan hulle tot 40 km per uur hardloop.
R E N O S T E R
Renoster. Daar is twee soorte, die witrenoster en die swartrenoster. Albei soorte renosters het twee horings, maar die vorm van hulle bekke of lippe verskil. Die swartrenoster het ʼn lang, gepunte bolip, en die witrenoster se bek is wyer. Renosters kan tot 2500 kg weeg, en hulle kan tot 40 jaar oud word. Witrenosters is eintlik glad nie wit nie. Hulle is inderwaarheid gryserig-bruin. Hulle naam kom van die Nederlandse woord wijde wat “wyd” beteken omdat hulle bekke wyer is as dié van swartrenosters. Dit het toe vir mense geklink soos “white”, en dit is waar die naam ontstaan het.
L E E U S
Leeu. Bekend as die "koning van die diere" en 'n simbool van krag. ’n Volwasse mannetjie kan tot 250 kg weeg. In ’n trop leeus is daar gewoonlik een senior mannetjie wat die hoof is van die trop. Verder bestaan die trop uit wyfies, kleintjies en jonger mannetjies. Leeus kan baie hard brul. Hulle doen dit gewoonlik na sononder, nadat hulle iets gevang het en ook nadat hulle klaar gevreet het. Leeus jag gewoonlik snags, en dit is dikwels die wyfies wat die jagwerk doen. Wanneer hulle iets gevang het, eet die mannetjies eerste.
B U F F E L
Kaapse buffel. 'N uiters gevaarlike en onvoorspelbare dier, veral as hulle gewond is. Buffels se horings is in die middel aan mekaar verbind sodat dit soos ’n helm om sy kop lyk. ’N volgroeide buffelbul kan 900 kg weeg. Buffels is tropdiere, en een van die koeie is gewoonlik die leier van die trop. Wanneer daar gevaar is wat ’n buffeltrop bedreig, beweeg al die koeie en kalwers na die middel van die trop en die bulle staan aan die buitekant van die sirkel om die koeie en kalwers te beskerm. Hulle is onvoorspelbaar, en hulle buie is temperamenteel, dit kan vinnig verander. Die ouer bulle kan baie maklik kwaad word en dan is hulle natuurlik baie gevaarlik.
L U I P E R D
Luiperd. Die luiperd het swart kolle wat amper soos blommetjies op ’n geelgoue vel lyk. ’N luiperd se stert het ’n wit punt. Hulle is groter en stewiger gebou as die jagluiperd. Luiperds pas hulle dieet aan wanneer kos skaars is. Hoewel hulle gewoonlik kleiner boksoorte eet, eet hulle ook dassies, bobbejane, reptiele en selfs vis. Luiperdwyfies kry twee tot drie welpies op ’n slag. ’N luiperd kruip gewoonlik weg in die dag en jag in die nag. Hy wag sy prooi in, bespring dit en byt dit aan die keel dood. Luiperds kan goed boomklim en steek dikwels hulle prooi in ’n boom weg om dit teen ander roofdiere te beskerm. Dink hoe sterk moet ‘n luiperd wees om ’n bok tot bo in ’n boom op te trek. Hulle is ook alleenlopers en is die een dier van die Groot Vyf wat die minste gesien word.
S A F A R I
’n Safari is ’n jag- of fotografie- en filmekspedisie. Die woord kom uit Swahili, waar dit "lang reis" beteken. Hierdie woord is uiteindelik afgelei van die Arabiese woord 'safar', wat "reis" beteken.